Wacky Weave Log Cabin – Afrikaans

Die saamhekelprojek (CAL) Wacky Weave Log Cabin begin op 1 Maart 2019.

Vertaal deur Alette Steyl, getoets deur Marna Denner.

Die sprei bestaan uit 21 stroke.

Opgemaakte kleurstelle kan by Afrique Yarn bestel word, of vra jou plaaslike jaarnwinkel om dit vir jou te kry. Indien jy besluit om ander jaarn te gebruik, sal jy self die nodige hoeveelhede moet uitwerk.

Hier is die kleurstelle:

Ek hou daarvan om iets in my patrone in te bou waarmee elke hekelaar die projek hul eie kan maak. In hierdie CAL kan jy jou kontraskleure volgens eie voorkeur nommer, en jy het vrye teuels met die rand wat jy omsit.

Daar sal ‘n handleiding, geskrewe patrone en videolesse beskikbaar wees. Ondersteuning is te kry by die Facebook-groep Ilona Slow Life Creations.